PDA

View Full Version : Illuminating paraffin


bvudzichena
13th Dec 2007, 12:47
There's a reason why this post isn't in English...

Ek het vandag mevrou se blou bokwa afgevat na 'n ou omie toe wat vergassers "tune", dyno werk doen en weet wat aangaan in petrol enjins.

Die ou ballie is seker al by die 40jaar in die bedryf en is een van die plaaslike agente vir Edelbrock. Wat hy nie van petrol enjins af weet nie is nie die moeite werd om te weet nie.

Om 'n lang storie op te som: Hy reken die 2.6 petrol enjin is 'n lae kompressie enjin wat gemaak is om op swak brandstof (soos die ou "87") of selfs parafien te ry.

Sy raad aan my was om 'n diesel enjin in te sit, maar om tot tyd en wil ek dit doen op 'n mengsel van petrol en parafien te ry.

Die ander opsie is om die enjin in 'n hoë kompressie enjin te omskep deur die "combusion chambers" kleiner te maak. Maw die kop en blok moet gesny word en dan moet daar groter pistons ingesit word. Dan is daar die opsie van 'n nuwe vergasser, manifolds, "port polishing" en die geld vloei soos water...

En die grootskaalse veranderinge beteken nie dat die brandtof verbruik sal verbeter nie. Tans vat dit R100 se petrol om 30 km te ry :eek:

Praat die ou tjol? Is dit veilig om lampolie in die brandstof tenk te gooi?

As kind het ek op 'n MF35 trekker geleer bestuur en dit was 'n "petrol / paraffin job" - met die klein petrol tenk binne in die parafien tenk, so ek weet dat daar sulke enjins is, maar 'n Land Rover wat op parafien loop?

Die ouens oorsee sal geen idee hê waarvan ons praat nie en ek wil rerig nie enigeen se tyd met hulle lawwe stories mors nie. Dus my redenasie om nie in Engels te pos nie.

Groetnis
Ou Man Met Grys Hare.

Marc Lurie
13th Dec 2007, 14:53
Jislaaik, ek sal probeer om te antwoord in my beste Afrikaans.

So ver ek weet, kan gewone parafin NIE gebruik word in a gewone petrol enjin, al is dit met petrol gemeng. Power parafin is a mengsel van kerosene en olie/petrol wat wel in meeste Low compression enjins gebruik kan word.

Die ou trekkers wat parafin en petrol gebruik het was bedoel om met petrol the "start", en dan oor na die parafin te skakel sodra die enjin warm was. Maar daai enjins was baie low compression. Ek's nie so seker dat die R6 so lekker sal werk met a parafin/petrol mengsel.

Ek het van 'n kerosene/lampolie mengsel gehoor wat waarskynlik net soos petrol werk in gewone enjins, maar ek kannie onthou waar ek di artikel gesien het. Probleem is, lampolie is duurder as petrol in elk geval, so daar's nie 'n bespaaring daar nie.

My aanbeveling is om 'n ander enjin in te sit. Koop 'n ou 200Tdi of a ding en gooi dit in. Selfs 'n ou Cruiser enjin of 'n Hilux sal beter werk as die R6. Ek dink ingevoerde Hilux enjins is beskikbaar vir onder R7000 in baie gooie kondisie. Wat van 'n nuwe Cummins engine. Hulle is no so duur nie deesdae.

Jislaaik, nou sweet ek van die breinwerk om in die taal the tik.

ncooper
13th Dec 2007, 16:44
hoe is die krag stuur hakie ...

Nick

bvudzichena
13th Dec 2007, 17:04
hoe is die krag stuur hakie ...

Nick

Daai ding het vroeër vanmiddag op my toon geval terwyl ek bokse rongeskuif het.

Ek beplan om hom te modify om 'n ou York lugversorger in posisie te hou wat as 'n kompressor gaan werk.

http://www.ecotracs.org/reviews/AirCompressor.htm

ncooper
13th Dec 2007, 19:34
goeie,Ek is gelukkig dit is handig ...

alle voorspoed ...

groete ...

Nick.

bvudzichena
13th Dec 2007, 19:46
Marc, I took Afrikaanse eerste taal HG for matric and got an above average mark for it. Then went of to an Afrikaans university and I suspect I had as much trouble as you composing that post. I know this current post is keeping me on my toes.

Getting back to the problem in hand.

Hierdie is nie 'n R6 enjin nie. Daardie enjin is 'n oulike enjin wat ook in die laaste Rover karre gebruik is. Hierdie model enjin het in 1968 die lig van dag gesien toe LR die Series IIA "facelift" (soos wat Kevin het) uitgebring het. Dit is 'n "detuned" weergawe van die enjin wat in sekere destydse Rover karre gebruik was.

Ek het 'n LT77 in my "lockup" op die M55 tussen Pta en Oliefantsfontein. Ek het ook 'n kontak wat vir my 2.5 N/A diesels teen 'n baie billike prys kan gee. Hulle is eks MOD wat toe Lesotho weermag toe. Die trokke is gef... (almal van die berge afgeval) maar die enjins is honderd bedonderd.

So die longtermynplan is om die bokwa op die Shosoloza Meyl te sit en op te stuur Pta toe waar hulle die nuwe enjin en ratkas sal insit. Die kragopwekker en verkoeler sal van die ou enjin na die nuwe gaan. Al wat ekstra gedoen moet word is 'n nuwe "ignition" skakelaar (dis nie eers nodig vir 'n veranderde skakelaar nie - ek kan een van daai "timer relays" op die gloeiproppe sit soos wat die 300TDi en TD5 het met 'n liggie wat afgaan as die proppe warm is) met 'n bietjie ekstra bedrading, dan ook die verwyder van die petrol pomp en die insit van 'n sedimentor om water in die diesel te vang. So ja, ons het 'n plan...

Maar die huidige probleem is dit kos R100 om 30 km in die trok te ry.
Die vergasser is eksie perfeksie gestel, so daar kan ons nie meer vroetel nie. Die "bottom line" is die enjin is gaar. Dit is omdat die enjin gaar is en waarskynlik as "scrap metal" verkoop sal word, dat ek gewonder het oor die parafien storie.

Nou wat is die kanse dat ons die ding op suiwer 'power paraffin' kan loop? Ek kan die goed goedkoop (R6.04) by die plaaslike BP depot optel.

Of wat van Ethanol? Ons het ons Mazda 323's in Zim op suiwer ethanol geloop.

Henk Coetzee
14th Dec 2007, 06:36
Maar die huidige probleem is dit kos R100 om 30 km in die trok te ry.
Die vergasser is eksie perfeksie gestel, so daar kan ons nie meer vroetel nie. Die "bottom line" is die enjin is gaar. Dit is omdat die enjin gaar is en waarskynlik as "scrap metal" verkoop sal word, dat ek gewonder het oor die parafien storie.

Nou wat is die kanse dat ons die ding op suiwer 'power paraffin' kan loop? Ek kan die goed goedkoop (R6.04) by die plaaslike BP depot optel.

Of wat van Ethanol? Ons het ons Mazda 323's in Zim op suiwer ethanol geloop.

Ek het al gehoor van ou lae-kompressie 3.5 V8s wat ontwerp was om op swak brandstof te ry. Ons het 'n bakkie met so een by die werk gehad 'n tyd terug. Mooi geklink, maar, soos Roger sou se, dit kon nie die wel van 'n ryspoeding af trek nie.

Ek glo nie 'n vonkaansteking (is dit nie nou 'n mooi woord nie) enjin sal op suiwer paraffin kan start nie. Dis die rede vir die twee tenks op ou trekkers ens, alhoewel met die lae kompressie sal die bokwa miskien op 'n mengsel kan loop.

'n Ander probleem met paraffin of Etanol kan wees dat dit seels in die branstof stelsels opvreet en selfs reageer met metaal. Ek kan onthou hoe die binnekant van sekere vergassers gelyk het nadat Sasol geblend het met alcohol in die jare tagtig. Onthou ook dat die energiedigtheid van hierdie brandstowwe is heelwat laer as petrol so, al is hulle goedkoper, jy sal nog meer gebruik om 30km te ry.

Hoe jy die 2.6 beskryf klink soos wat ek al van hulle gehoor het. Nie te sleg op wringkrag nie, klink mooi maar suip petrol. As jy vir 'n conversion gaan, sal die NA diesel op die selfde Transfer en diff verhoudings kan werk? Moet dit 'n diesel wees, of sal 'n V8 nie ook 'n opsie wees nie? Soos Mark genoem het, het ek ook 'n paar baie netjiese Hilux en selfs Toy 2.4 turbo conversions gesien in Series voertuie. 'n Ander moontlikheid sal 'n ADE236 wees, soos wat in die Suid Afrikaanse Stage 1s ingesit is.

Marc Lurie
14th Dec 2007, 06:52
Wel, ek weet vir seker dat 'n ou VW Golfie sal NIE op suiwer parafin start nie. :D Brigid het per ongeluk 'n hele jerry vol parafin in die Golf gegooi. DIt het gehardloop, maar baaie swak, en konnie weer start nie. Daar was geen permanente beskadiging van die Golf nie. Ek moet se dat daai Golfie 'n ongelooflikke betroubare voertuig is. Dis 'n 1980 model, het seker meer as 3/4 miljoen km gery (die speedo het lanklaas gees op gegooi), en die enjin is nog sterk. Al major werk op die enjin was a geblaaste head gasket 'n jaar gelede, en 'n nuwe verkoeler seker 6 jaar gelede.

As die enjin klaar op pad scrapyard toe is, probeer sommer met a mengsel van parafin en petrol en kyk wat gebeur. Jy kannie meer skade doen as wat blykbaar klaar gedoen is. Maar R6 teenoor R7 per liter klink nie so veel soos bespaaring nie.

Maar soos Henk gese het, selfs 'n ou V8 sal minder brandstof drink.

bvudzichena
14th Dec 2007, 07:05
Die Perkins sit in my Series 3 wat in die Rooi Land bly vir wanneer ek daar is.

Ek het hierdie Hilux 2.8 twee jaar gelede in my IIA ingesit. Die verf boggerop is deur 'n "professionele" bodyshop gedoen wat my lekker geroof het. Die enjin trek soos 'n stoomtrein en was spotgoedkoop.

Om op te som, ek's nie bang om 'n ander enjin in 'n trok te sit nie. Veral nie 'n Toyota nie.

Maar, hierdie is Michelle se trok en sy beplan om nog 'n groot trip in die ding aan te vat - eendag. Dit is nie 'n opsie om vir snaakse parte in vêrre lande te gaan soek nie. Ek het eenkeer met 'n ou gery wat 'n Isuzu 2.8 in sy 110 gehad het en ons het rape gekak om parte in Algerië te kry toe die ding aandag gevra het.

'n V8 is 'n opsie, maar die ding is dat ek alreeds 'n LT77 ratkas het wat onlangs boute en blaaie herbou is. V8's en LT77's hou blykbaar nie van mekaar nie. Dus die 2.5NA. Die LT77 na 'n Series transfer kas sal nie 'n probleem wees nie.

As ons 'n 200TDi goedkoop kan optel sal dit ook 'n opsie wees, maar dan sal ons die verkoeler moet vervang / die enjin moet rondskuif om plek te maak vir die olie verkoeler en die intercooler. Dit is net makliker om 'n 2.5 NA in te sit.

Krag Parafien is nie meer 'n opsie nie. Ek het nou net die foon neergesit na 'n gesprek met 'n ou in Engen hoofkantoor wat my gesê het dat (blykbaar) niemand meer die produk bemark nie. Nou moet ons maar van pomp tot pomp gaan (Sasol, Engen, Total, BP, Shell ens) en soek wie die swakste petrol maak en dit ingooi.

Is ek reg as ek vermoed dat ek "unleaded" in die bokwa kan gooi?

seekingserenity
14th Dec 2007, 07:09
Is ek reg as ek vermoed dat ek "unleaded" in die bokwa kan gooi?

Ek dink nie so nie - nie sonder probleme, of so is ek vertel deur die wat weet (Brian Cotton ens) toe ek die ding gekoop het. Maar aangsien die bokwa 'n groot eksperiment op die oomblik is... wie weet! Miskien moet ons net 'n tenkvol ingooi en sien.

bvudzichena
14th Dec 2007, 07:14
Maar soos Henk gese het, selfs 'n ou V8 sal minder brandstof drink.

Ja, solank dit een is met 'n hoë kompressieverhouding - daar is vir julle nog 'n mooi woord :)

bvudzichena
14th Dec 2007, 08:19
Ja, solank dit een is met 'n hoë kompressieverhouding - daar is vir julle nog 'n mooi woord :)

Waar kan en 'n Santana ratkas (LT85) kry soos wat hulle in die R6'e gesit het?

V8 kan dalk net 'n opsie wees. Die telefoon is nie vandag my vriend nie. Ek bel toe die ou met die enjins, net om te hoor dat hy almal aan 'n ou in Botswana verkoop het.

Back to the drawing board.

Marc Lurie
14th Dec 2007, 08:57
Genuine, ek laaik nie a petrol enjin in Afrika nie. :D

bvudzichena
14th Dec 2007, 09:51
Ek stem.

Die goed suip almal soos maak matrose en boonop is petrol op 'n dakrak hoogs vlambaar.

Henk Coetzee
14th Dec 2007, 12:28
Ek stem.

Die goed suip almal soos maak matrose en boonop is petrol op 'n dakrak hoogs vlambaar.

Ek het ook die geval gehad dat petrol in 'n tenk kook nadat 'n Crusoir in die son gestaan en bak het.

Om die ander manier om Crooza te spel verduidelik, dit kom van 'n geofisikus wat probeer het om 'n Fraanse vrou te beindruk. Die beste waarmee hy kon uitkom was om vir haar 'n rit in le Landcruisoir aan te bied.

As die plan is om die bokwa deur Afrika te vat word 'n suipende V8 minder aantreklik. As 'n 2.5NA nie beskikbaar is nie, is 2.4D Toys (die ou bekende donkie enjin) 'n goeie opsie.

'n ander opsie is natuurlik 'n 300Tdi, alhoewel dit 'n duur opsie gaan wees. Parte vir 200Tdi's word blykbaar moeilik om te bekom.

Oor die gelood/loodvry debat, die 2.6 behoort seker op LRP te kan ry. Die lae kompressieverhouding gaan ook nie 'n probleem skep met hoer (Daar's nou eers 'n mooi woord sonder sy deelteken) oktaan petrol nie. Daar sal net probleme wees met 'n lae oktaan en 'n hoer kompressieverhouding (en dis 'n blerrie mooi twee woorde saam)!

Satancom
14th Dec 2007, 12:37
Die Perkins jaar gelede in my IIA ingesit geroof het. Die enjin trek soos 'n stoomtrein en was spotgoedkoop.

Ek het eenkeer met 'n ou gery wat 'n Isuzu 2.8 in sy 110 gehad het en ons het rape gekak om parte in Algerië te kry toe die ding aandag gevra het, ek's nie bang om 'n ander enjin in 'n trok te sit nie. Veral nie 'n Toyota nie.

Dit is nie 'n opsie om vir snaakse parte in vêrre lande te gaan soek nie?

Die LT77 ratkas het wat onlangs boute en blaaie herbou is foon neergesit na 'n gesprek met 'n ou in Engen hoofkantoor. Die swakste petrol dat ek "unleaded" maak en dit ingooi.


I have no idea what i have just said but im sure its complete tosh :D

Henk Coetzee
14th Dec 2007, 12:37
There's a reason why this post isn't in English...

Die ouens oorsee sal geen idee hê waarvan ons praat nie en ek wil rerig nie enigeen se tyd met hulle lawwe stories mors nie. Dus my redenasie om nie in Engels te pos nie.


Daar is ook natuurlik geen manier om mevrou se blou bokwa in Soutietaal te se nie.

Roger Whittle
15th Dec 2007, 13:41
There's a reason why this post isn't in English...

.................................................. ...............................As kind het ek op 'n MF35 trekker geleer bestuur en dit was 'n "petrol / paraffin job" - met die klein petrol tenk binne in die parafien tenk, so ek weet dat daar sulke enjins is, maar 'n Land Rover wat op parafien loop?

.................................................. .............................Groetnis
Ou Man Met Grys Hare.

And that would be? :rolleyes:

Fascinating stuff, which seems to revolve around running a Landie on paraffin? I'm intrigued by all of the Afrikaans, but one bit of it especially so; 'n. What's 'n all about? I thought it might be a quotation mark, but then you used; 'n "petrol / paraffin job" - met die klein petrol tenk binne in die parafien tenk, so ek weet dat daar sulke enjins is, maar 'n Land Rover wat op parafien loop? So that seems unlikely. I'm impressed at the way Nick is keeping up. :D

Roger. (In his second language; english. First language; Rubbish.)

bvudzichena
15th Dec 2007, 15:11
Roger,

As you know Afrikaans evolved from "Street Dutch", mixed with a spot of French and some German.

'n is an abreviation of een.

The direct translation would be a or an.

The Dutch members of the forum will know that een is a or an in Dutch.

As the one Dutch bee said to the other: Hebt u een angel? Do you have a sting?

See, I do remember from from Matric Dutch. Part of Afrikaans first language sylabus in the 1980's was Dutch literature. We had set books like Eric in de land het Inzekten and Koning van Katoren. 18 year olds studying books written for 7 year olds... Those were the days :D

K&S
15th Dec 2007, 15:16
Die Perkins jaar gelede in my IIA ingesit geroof het. Die enjin trek soos 'n stoomtrein en was spotgoedkoop.

Ek het eenkeer met 'n ou gery wat 'n Isuzu 2.8 in sy 110 gehad het en ons het rape gekak om parte in Algerië te kry toe die ding aandag gevra het, ek's nie bang om 'n ander enjin in 'n trok te sit nie. Veral nie 'n Toyota nie.

Dit is nie 'n opsie om vir snaakse parte in vêrre lande te gaan soek nie?

Die LT77 ratkas het wat onlangs boute en blaaie herbou is foon neergesit na 'n gesprek met 'n ou in Engen hoofkantoor. Die swakste petrol dat ek "unleaded" maak en dit ingooi.


I have no idea what i have just said but im sure its complete tosh :D


:D :D :D :D

bvudzichena
15th Dec 2007, 15:27
:D :D :D :D

Ja Meneer!

Glad to see you've finally joined the party!

Are you heading our way for Christmas?

Marc Lurie
15th Dec 2007, 17:10
I'm intrigued by all of the Afrikaans, but one bit of it especially so; 'n. What's 'n all about?

As Bvudzi has already stated, "'n" is "a" or "an" in Afrikaans. It's not pronounced as an abbreviated "n", but the same as a flat "a" or "uh" in English.

I use Google Language tools quite regularly. I wonder if it would translate Afrikaans into English if you entered the Afrikaans text into he Dutch text box? I use google for translating English / French / Portuguese and it's really good... for a computer.

Roger Whittle
15th Dec 2007, 19:21
As Bvudzi has already stated, "'n" is "a" or "an" in Afrikaans. It's not pronounced as an abbreviated "n", but the same as a flat "a" or "uh" in English.

I use Google Language tools quite regularly. I wonder if it would translate Afrikaans into English if you entered the Afrikaans text into he Dutch text box? I use google for translating English / French / Portuguese and it's really good... for a computer.

I hadn't thought of that Marc - I'll check it out and see if it'll do German for my brother.

Speaking of which, aren't you meant to be in Munich? Is it as cold as you feared? :D

Roger.

K&S
16th Dec 2007, 10:32
Ja Meneer!

Glad to see you've finally joined the party!

Are you heading our way for Christmas?

Geen kans nie. Te veel Vaalies by die see hierdie tyd van die jaar.

(Just to prove I know what's going on.)

bvudzichena
16th Dec 2007, 11:10
Geen kans nie. Te veel Vaalies by die see hierdie tyd van die jaar.

(Just to prove I know what's going on.)

We can't get Olivia out this morning as some stupid Vaalie parked his Hilux 2.7 Very Very Thirsty Indeed in front of our gate :eek::eek::eek:

Henk Coetzee
17th Dec 2007, 08:14
We can't get Olivia out this morning as some stupid Vaalie parked his Hilux 2.7 Very Very Thirsty Indeed in front of our gate :eek::eek::eek:

We're not all that bad. We'll be down in the visdorpie some time after Christmas. Then at least you'll it'll be a Vaalie's Disco parked in everybody's way.

seekingserenity
17th Dec 2007, 09:42
We'll be down in the visdorpie some time after Christmas. Then at least you'll it'll be a Vaalie's Disco parked in everybody's way.

In the ZA-LRO tradition:
DRINKIES!!! :beers:

Laat weet maar as julle hier is. Jy het my en Mnr B se eposadresse.

Marc Lurie
17th Dec 2007, 10:07
Yes, I'm in Munich, and yes, it's BLOODY cold. There's a 36 degree swing between Munich and Johannesburg. It was -6 yesterday. :eek:

Fortunately, we're off to Lisbon today, so we'll be getting a tad warmer (but wetter as well.)

I've seen only ONE landrover in Germany. This is a SAD place indeed. :(

But their food is bloomin' marvelous... and the beer...:)

bvudzichena
17th Dec 2007, 10:24
But their food is bloomin' marvelous... and the beer...:)


Yes, the beer :D

Unfortunately the Germans 1500 different ways of cooking cabbage soon negates their great beers.

I'm sure they have as many recipes for cabbage as they have micro breweries.

Roger Whittle
17th Dec 2007, 21:40
Yes, the beer :D

Unfortunately the Germans 1500 different ways of cooking cabbage soon negates their great beers.

I'm sure they have as many recipes for cabbage as they have micro breweries.

I find its better to stick to Belgium. They have less 'attitude'; keep food simple and tasty; are friendly and fun to be with; they have hundreds of great beers and know how to look after and serve them. What is more, its only an hour from the ferry or the train. :D


Roger.

bvudzichena
18th Dec 2007, 05:13
I wonder...

... can I run Olivia on cheap vodka?

seekingserenity
18th Dec 2007, 06:08
That's what's called multi-purpose fuel. Either it runs well and you're happy, or it doesn't, you drink the vodka, and you're still happy! ;)

harro
18th Dec 2007, 09:50
I find its better to stick to Belgium. They have less 'attitude'; keep food simple and tasty; are friendly and fun to be with; they have hundreds of great beers and know how to look after and serve them. What is more, its only an hour from the ferry or the train. :D


Roger.

Agree :-) nice country, runs for months now without a government...

Nice to see all the Afrikaans... it's different than the modern Dutch, but still rather easy to understand.

And for running on Vodka... (I wouldn't suggest running after drinking the stuff...) Olivia will get serious problems with her head... (see, she's almost human... :D )

Groeten uit koud Nederland

bvudzichena
18th Dec 2007, 10:15
And for running on Vodka... (I wouldn't suggest running after drinking the stuff...) Olivia will get serious problems with her head... (see, she's almost human... :D )



Does that mean that Olivia will have a bebelaas?

candpdoyle
18th Dec 2007, 10:26
Jislaaik... my brein is seer van al die taal lees:D wat van n ou 2.25 diesel bvudsi?? hulle is baie goodkoop hier?? sterker as james small maar nie so vinnig:D

Soutie in engeland:D

harro
18th Dec 2007, 13:49
Does that mean that Olivia will have a bebelaas?

:D

(' kater ' in Dutch )

Roger Whittle
18th Dec 2007, 20:47
Does that mean that Olivia will have a bebelaas?


Hangover iin English! At least I learned that much. :D

Roger.

bvudzichena
18th Dec 2007, 20:54
Jislaaik... my brein is seer van al die taal lees:D wat van n ou 2.25 diesel bvudsi?? hulle is baie goodkoop hier?? sterker as james small maar nie so vinnig:D

Soutie in engeland:D

I recently gave one of the guys on the forum a 2.5N/A that I had laying about the UK and didn't know what to do with. See, no good deed goed unpunished.

Still struggling to find a new diesel engine for O. Starting to think seriously about a non LR engine. Maybe one of Kev's Deutz or Dave from Hermanus' Toy Truck engines.

No problems with Toy Truck parts outside of SA, but Deutz could be interesting.

But will Olivia handle being a WET (Wrong Engined Truck) ?

:D:D:D

Roger Whittle
19th Dec 2007, 22:38
I think the real question is; can Michelle handle it? She's a very Land Rover oriented lady. :rolleyes: (Who we haven't heard much from recently Madam. :D)

Roger

AnalogKid
19th Dec 2007, 23:29
In some parts of the southern hemisphere, Nissan diesels are the most common conversion, so much so that a radiator builder a friend went to for repairs knew exactly what truck/engine combination the guy was running just by looking at the inlet/outlet hose positions. I don't know which model is preferred, but I can easily find out. Turbo or N/A and in Defenders and Series trucks, its almost as ubiquitous as the Holden 186 conversion was back when folk didn't have to worry about fuel consumption.

bvudzichena
20th Dec 2007, 05:40
... Nissan diesels are the most common conversion .... I don't know which model is preferred, but I can easily find out. Turbo or N/A and in Defenders and Series trucks ...

That would be much appreciated Andy.

seekingserenity
20th Dec 2007, 06:06
I think the real question is; can Michelle handle it? She's a very Land Rover oriented lady. :rolleyes: (Who we haven't heard much from recently Madam. :D)

Roger

I'm letting my elderbs and betters do the talking :D One too many blonde moments lately....

Roger Whittle
20th Dec 2007, 19:47
I'm letting my elderbs and betters do the talking :D One too many blonde moments lately....

Elder I may be, but I'm blonde as well. :rolleyes: Its nice to hear from you Michelle. :)

Roger.

Marc Lurie
20th Dec 2007, 19:53
Agree :-) nice country, runs for months now without a government...


I read that some Belgian put the whole country on e-bay recently, and the highest bid he received was $500,000 :)

Personally, I love Germany, and find Belgium unspeakably boring.

Anyway, Brigid and I are in Portugal now. We're drinking unconscionable amounts of beer and consuming half of the world's annual crops of garlic and corriander, but what the heck... :D It's lovely here. The language is a small problem because I'm having to do all the talking. That's my punishment for being semi-literate in Portuguese. My brain has gone into overdrive with all the translation, but we're having a good time.

We're in Sintra this evening in a small secluded internet/bar, surrounded by pool tables and the lovely smell of cooking sardines and garlic. What a country . :)

Sal ons miskien Bernie vra vir 'n Afrikaanse seksie op hierdie forum? Ek meen, daar MOET 'n manier wees om geheime van die Aussies weg te hou ne. (Dis mos a ne, met 'n kappie op die "e":) maar my rekenaar gee my nie 'n kappie nie:D )

Henk Coetzee
21st Dec 2007, 07:59
Sal ons miskien Bernie vra vir 'n Afrikaanse seksie op hierdie forum? Ek meen, daar MOET 'n manier wees om geheime van die Aussies weg te hou ne. (Dis mos a ne, met 'n kappie op die "e":) maar my rekenaar gee my nie 'n kappie nie:D )

ê - Alt-0234

Nou dat ek dit gesê het, sal ek dìt seker moet begin gebruik. Ek sal oòk moet ophou praat van hoerkompressie en eerder hoër kompressie sê.

This is truly one of those which is better left untranslated.

bvudzichena
21st Dec 2007, 08:11
Ek het Nelspruit Hoërskool toe gegaan en ons het 'n pragtige ingang gehad. Al probleem was die deeltekens wat gereeld van die "e" op die groot teken verdwyn het :D

Poësie vir die siel...

Dit kan julle met of sonder die deelteken lees :D

Henk, maak ons volgende week 'n dop?

AnalogKid
21st Dec 2007, 12:48
Rightho, I found this page (http://www.blairs.co.nz/diesel/diesel4.html)with a load of Nissan engine code on it and can tell you that the series conversion that was popular was the LD28. I aslo saw a 110 fitted with one and it did seem a bit gutless, but the driver was scared of his own right foot.

The best conversion I've seen is Tim's 110 CSW fitted with an N/A FD35. It just goes places it has no right to. This is partly down to Tim's driving, partly down to the Simex tyres but also down to an engine that has as much shove as a 200Tdi but without the turbo. He's trying to get a turbo on it though, some of the V8 RRCs and a couple of V8 90s are still getting the better of him.

Marc Lurie
21st Dec 2007, 21:30
ê - Alt-0234


That's all fine and well with a Peecee, but with a Mac it's "º™£¢" :D With the Mac it's actually very easy because they all come with a symbols collection (so I can easily do... ∞∃₡₮₯ĒŁÔÖÝŻ and a whole bunch of other stuff that is probably illegal in most civilized countries. ;)

Roger Whittle
22nd Dec 2007, 00:02
That's all fine and well with a Peecee, but with a Mac it's "º™£¢" :D With the Mac it's actually very easy because they all come with a symbols collection (so I can easily do... ∞∃₡₮₯ĒŁÔÖÝŻ and a whole bunch of other stuff that is probably illegal in most civilized countries. ;)


Oh dear, the fortified wine has got to him and his brain's gone soggy. :eek:

Ola' Marco - do - you - know - who - I - am? How - many - fingers - am - I - holding - up?

What are you on about Marc? What's all this secret code stuff? :D

Roger.

Marc Lurie
22nd Dec 2007, 22:50
Roger, I was simply trying to say that Alt 0234 didn't work with a Mac. :)

It had NOTHING to do with the revolting Portuguese table wine we had for dinner (hic ;)) However, to be fair, the wine may be revolting but we did finish a whole bottle. :D I must admit to being a tad unimpressed with the Portuguese wines so far. Perhaps as we get into Alantejo the wine will improve.

Had a wonderful dinner this evening... Lovely little restaurant in the old city of Evora... quiet and warm. Brigid had the grilled squid and I had codfish. :) It was all delicious, and served in pleasant surroundings.

K&S
23rd Dec 2007, 08:45
Contrary to what my daughter's father-in-law will say (he hails from Porto) I have never had a Portuguese wine that beats a South African wine.

bvudzichena
23rd Dec 2007, 10:33
Maybe it's time for the mods to start thinking about a "Trip Report" Section in the "General" forums.

Who knows, it may even stop people hijacking threads.

Marc Lurie
25th Dec 2007, 21:52
Maybe it's time for the mods to start thinking about a "Trip Report" Section in the "General" forums.

Who knows, it may even stop people hijacking threads.

Mea Culpa. Mea Culpa. Mea Maxima Culpa :bowdown::o :bowdown::o

Sorry Bvudzi... it won't happen again.

K&S
26th Dec 2007, 10:17
A little bit a digressing can't hurt ;) .

Grant L
22nd Jan 2008, 13:02
Vergief, asseblief, my Afrikaans, ek kom van Zimbabwe af, en het die taal vir die eerste keer in Kaapstad in 1992 geleer.

Ons was op pad Harare toe in die 1970s, an het 'n ou Ford gepas. Hy was baaie stadig met 'n groot wolk van blou rook. My Pa het gesê dat hy parafin gebruik en sal gevang word deur die polisie omdat daar was blou kleurstof in die parafin, soos die Britse rooi diesel. Ons het petrol rationing gehad, en die polisie het opgepas vir mense wat wou die system gebeat. Parafin het minder belasting gehad. Ek weet nie as die reg het nou verander of nie, of as dit was die selfe in Suid Afrika.

Ek het 'n ou geken wat het vliegtuigbrandstof in sy Jaguar gebruik. Hy was in die Police Reserve Air Wing, en die brandstof was nie geration nie. Ons het 'n paar van die John Deere tweebrandstofftrekkers gehad. Hulle het 'n klein tenk vir die petrol en 'n groet tenk vir die paraffin. Jy moet hom met petrol start en dan die tenk verander.

LPG is nie beskikbaar in oos-Afrika nie. Hulle gebruik butane vir kookery. So dit sal nie 'n opsie wees nie as jy wil so ver gaan. Jy kan nie 'n witblitsstill in jou Venter trek en ek het min ethanol vulstasies gesien.

Grant

bvudzichena
22nd Jan 2008, 13:32
Greetings fellow Zimbaboon:D

We are now three Zimbo's and one Rhodie on the forum (that I know of). It won't be long before we take the forum over.

What you said about avgas is true. I grew up on a farm 8k's outside of Karoi and after the Viscount incident, the army guys rocked up and we were basically told to enlarge the area next to our hanger as the "push me pull you" was moving in. My mom was in tears as she watched the army guys "redesigning" her garden to make space for an extra plane.

But yes, we used to fill the cars up with an avgas / petrol mixture all the time. The petrol we got up there was a "blend" of 97 octane and ethanol while the avgas was 110 octane.

Grant L
22nd Jan 2008, 14:10
It won't be long before we take the forum over.


Heh, heh, heh. Tomorrow the forum, the next day the world. Pamberi ne Hondo! Then there will be Avgas for all the land rovers, at only $60 000 000 a litre.

Grant

bvudzichena
22nd Jan 2008, 14:50
Heh, heh, heh. Tomorrow the forum, the next day the world. Pamberi ne Hondo! Then there will be Avgas for all the land rovers, at only $60 000 000 a litre.

Grant

Egzektly!

K&S
22nd Jan 2008, 17:04
Grant you speak Afrikaans like a real South African; "geration" and "gebeat" just like when they say " Daar was iets fout met die carburettor en ek kon ook nie die timing stel nie". Really tweetalig :D .

What are you doing in Gabs? My boet lives there and I was there just before Christmas.

Grant L
22nd Jan 2008, 17:14
Hi Kevin,
Baaie dankie. Ek het suiwer Afrikaans in die kaap geleer, en dan het Limpopo toe gegaan.

I'm now teaching English at the University of Botswana, and pouring oil into a 1995 Discovery tdi.

Grant